top of page

Groei Geleenthede

Om te groei is opwindend, dit is iets wat ons elkeen graag wil doen. Groei beteken ek is oppad, ek vorder … Ons kan so maklik betrokke raak by groei geleenthede buite myself en my huis – sport, stokperdjies ens. Die groot uitdaging is om ook in my pad met die Here, my huwelik en gesin duidelike groei doelwitte daar  te stel en die tyd en energie dan ook daar te spandeer!

In Josua 24:15 is Josua aan die woord en hy sê die volgende: “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” Josua besef ook so ‘n uitspraak bring groot verantwoordelikheid! In verse 26-27 staan: “Hy het dié “commitment” in die wetboek van God opgeskryf, ’n groot klip gevat en dit daar onder ’n groot boom by die heiligdom van die Here regop gesit. Hy het vir die hele volk gesê: “Sien julle dié klip? Hy sal die getuie teen ons wees. Hy het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het.”  As ek en jy erns maak met ons verhouding met die Here sal ons ook erns maak met ons huwelike en gesinne en elkeen se verhouding met die Here. Om te groei in ons verhouding met God en mekaar sal ek myself en my huwelik en gesin doelbewus blootstel aan groei geleenthede

Daarom is dit vir ons as Wilgespruit so belangrik om groei geleenthede  te skep, waar ons saam as mede boeties en sussies ons wortels ontdek, sodat ons kan groei en daar nuwe lewe kan wees in ons verhouding met God, ons lewensmaats, kinders, familie en vriende!

Dan word ons saam meer en meer wat God ons bedoel het om te wees. Ons wil jou uitdaag – kom groei saam met ons in 2019!

Hier is ’n paar groeigeleenthede wat vir elkeen, oud en jonk bedoel is:

  • Gesins naweke – Bosveld wegbreek om saam met mekaar en God te kuier

  • Manne naweke – Bosveld afsondering om in God se teenwoordigheid te wees

  • Vroue naweke – Stilword aan God se voete om weer Sy stem vir my te hoor

  • Manne ontbyte – Gesprekke uit ons manne vir ons manne, om manne te wees

  • Vroue oggende – Bederf oggende in Sy teenwoordigheid, saam met Sy Gees

  • Gebeds geleenthede – Geleenthede om saam God  se Aangesig op te soek

  • Staptoere – Waar ons voetspore Sy Voetspore kruis en ons verwonderd staan

  • Bybelstudie geleenthede – In diepte stilstaan by die Skrif en Skrif waarhede

  • Selgroep byeenkomste – Waar ons saamgroei in die Woord, mekaar ondersteun en liefhê, mekaar versorg en mekaar se laste help dra.

Die goeie nuus is:  Jy is ook welkom om deel van enige groei geleentheid te wees!  Hou die aankondiginge dop, kyk op ons webblad – http://wilgespruit.co.za/ /, loer op ons Facebook –https://www.facebook.com/nggemeentewilgespruit/?ref=hl , of sit die almanak op die yskas!

Skakel gerus vir Estienne as daar enige vrae is by 011 764 2000 x1 of epos haar by estienne@wilgespruit.co.za .

bottom of page