top of page

Getuienisbediening

Om te “getuig” is iets baie persoonlik.  Dit beteken om te vertel van iets wat in jou lewe gebeur het. 

Van iemand wat in jou lewe gekom het en goeie dinge kom doen het.  Dit is wat die Getuienisbediening van Wilgespruitgemeente wil doen:  Om te bevestig dat die Here Jesus Christus ons as mense liefhet en betekenis aan ons lewens kom gee.  Hy het op ‘n stadium op aarde sy heel beste, sy lewe gegee, om die boete te betaal vir die slegte dinge wat in alle mense se lewens gebeur.  As mens bereid is om te glo en aanvaar dat Jesus vir jou ook betaal het, word jy deur Hom gered en maak Hy van jou ‘n kind van die hemelse Vader en neem Hy jou op in sy kerk.  Ná hierdie lewe wag dan die ewige lewe in die hemel by God.  Hierdie boodskap word die “Evangelie”, die Goeie Nuus van Jesus, genoem.  Dan word jy ‘n getuie van Jesus en van die Goeie Nuus van redding.

Daar is baie mense in Suid-Afrika en in die wêreld wat niks of baie min van Jesus Christus weet.  Daarom vat ons hande met sendelinge wat voltyds vir ander mense van die Here Jesus leer. ‘n “Sendeling” is iemand wat voltyds die Evangelie uitdra onder ander mense wat nog nie daarvan weet nie. In 2020 vat ons Getuienisbediening hande met 6 sendelinge.


Vier van hulle is in Suid-Afrika besig.  Hulle is:

  • Peter Hlokwa – sy bediening is “House of Praise Ministries” in Munsieville.

  • Kobus en Cora Viljoen – “Child Evangelism Fellowship” Suiderlike Afrika

  • Paul Hattingh – New Beginnings Discipleship Ministry – Tronkbediening (Gauteng)

 

Drie van die sendelinge se werk is gerig op die buiteland:

  • Ferdi en Ronel Gouws – “Aksie België vir Christus” en hulle wil die mense in België bereik met die suiwer Evangelie van Jesus Christus, want baie mense daar glo nie meer in Hom nie. (Finansiele steun op ad-hoc basis.)

  • Manie en Annalie Taute – “Portugal Sending” en het ‘n gemeente geplant in Lissabon. 

  • Jacob Chassanda – Mosambiek (Leraar en kerkplanter in Gondola streek)

 

Wat doen die Getuienisbediening nog? 

  • Sendingnaweek - Gasprekers en herinstelling van jaarlikse Geloofsofferbelofte

  • Finansiële Bestuur van Geloofsofferbelofteprojek.

  • Spreekbeurtgeleenthede aan sendelinge wat gemeente besoek

  • Beplande gemeenteuitreike onder behoeftiges, verlorenes, kerkvervreemdes, geestelike versorging en indien nodig, 40 dae reekse wat die verspreiding van Christelike litteratuur insluit

  • Verspreiding van Christelike litteratuur tydens klereverkoping,  toebroodjiebediening en ad-hoc geleenthede in samewerking met bedieninge.

  • Adhoc sendinggerigte versoeke vir finansiële bystand onder andere; jeug, kinderkampe en Dr. Havenga broodjieprojek.  Mense word geestelik versorg en bygestaan.  Wil jy nie ook hierin kom deel nie?  Kom kyk gerus wat alles gebeur!   

 

Kontak Hans Kleynhans 081 355 1027 of 083 577 7995 vir meer besonderhede.

Wilgespruit Getuienis Nuusbrief 2024

GOB Hernuwing 2023 -2024

bottom of page